Home / 2009 / 12 / 09 / Persverklaring Krugersdorp Fees 27 29 November 2009 /

KRUGERSDORP FEES 27-29 NOV 2009  
Posted By Webmaster @ 10:26 am
December 9, 2009

PERSVERKLARING

KRUGERSDORP FEES 27-29 NOVEMBER 2009

Baie dankie aan al die fees gangers wat die naweek die Fees besoek het, die weer het met tye almal laat skarrel maar nogtans was dit ‘n groot fees vir almal.  Duisende mense het die fees besoek – die malle meule was die groot aantrekkingskrag.

Die Fees het die afgelope paar jaar gesukkel met die verskuiwings wat plaasgevind het, maar nou het ons weer ons tuiste gevind en ons is dankbaar vir die ondersteuning van die publiek.  Die Fees kan nou weer tot sy regte kom en beloof om in die toekoms groter en beter te wees sê Dennis Pretorius en Dehlia van Staden die organiseerders.Daar het ‘n feestelike atmosfeer geheers en almal was be-indruk met die hope musiek-talent van die Wesrand en verder.  Groot en klein kunstenaars was luid toegejuig en ons gaan nog baie hoor van die kunstenaars wat opgetree het.

Die Wesrand Stars 2009 kompetisie het weer talent opgelewer uit die boonste rakke  en Renier Joubert het met die louere weggeloop as Algehele Wenner.

Renier is net 15 jaar oud en kom van Centurion , maar het ‘n stem van formaat en ons gaan nog baie van hom hoor in die toekoms.  ( artikel oor Renier en sy foto aangeheg).
Charne 2 383a

Baie dankie

dehlia

Filed under: MCCI

No Comments

No comments yet.

RSS feed for comments on this post. — —

Sorry, the comment form is closed at this time.